Vind `n Verspreider

Jongste Nuus

RUGBY KLASSIFIKASIE GEWYSIG

 

Na suksevolle oorsig van die toksikologiese klassifikasie van Rugby® 10ME (kadusafos) aalwurmdoder het die Registrateur (...

 

Lees Meer

NUWE REGISTRASIE: DANTOP 20 SC (L8612)

 

Dantop 20 SC (L8612) is uiteindelik geregistreer! Nou kan elke lemoenboer sommer vinnig klaarspeel met blaaspootjies en/of wi...

 

Lees Meer

NEMESIS + BREAK-THRU S240

 

Ons is baie opgewonde om aan te kondig datdie gebruik van NEMESIS + BreakThru S240 nou geregistreer is.Met dieeindelosestygin...

 

Lees Meer

Produkte

 

SUMISCLEX SC

 

‘n Translaminer sistemiese organiese swamdoder (suspensie-konsentraat) vir die beheer van siektes op gewasse en grasper...

 

Lees Meer

UP-50

 

UP-50 is ‘n water-gebaseerde ureum-fosfaat oplossing geskik vir die gebruik op avokadobome in ‘n mengsel met SUNN...

 

Lees Meer

SUMIMAX WP

 

‘n Benatbare poeier onkruiddoder vir voor-opkoms beheer van eenjarige breëblaar-onkruide soos aangetoon, in grondb...

 

Lees Meer

Fruity Guy

Philagro Suid-Afrika – Mense wat omgee

 

In 1998 het die Japanese chemiese maatskappy Sumitomo Chemical Company (SCC), wat gebaseer is in Tokio, besluit om ‘n kantoor in Suid-Afrika te open om na sy belange om te sien. SCC het vir Mnr. John Mansfield aangestel as besturende direkteur en so is Philagro Suid-Afrika (Edms) Bpk tot stand gebring. Gedurende die eerste paar maande het die maatskappy se personeel bestaan uit slegs 5 persone.

 

Alhoewel Philagro SA ‘n nuwe maatskappy was, was die meerderheid van die produkte wat versprei is alom bekend in die landbou-industrie. Produkte soos Nemesis, Rizolex, Sumisclex en Sumicidin Super (om net ‘n paar te noem) was produkte wat reeds hulself bewys het in die kompeterende wêreld van landbou chemikalieë.

 

Kort na die ontstaan van Philagro SA het SCC die landbou afdeling van Abbott Laboratories oorgeneem en daaruit is Valent Biosciences gevorm wat ‘n integrale deel van Philagro SA uitmaak. Hierdeur het Philagro SA drie personeellede ryker geword en het ook produkte bygekry soos DiPel DF, ProGibb en ander produkte van Abbott Laboratories.

 

Sedertdien het Philagro SA daarin geslaag om produkte te versprei uit die stal van FMC Corporation (VSA), Aquamarine, Alzchem (voorheen Degussa), Sumitomo Corporation (nie dieselfde as SCC nie) en ‘n paar produkte vanaf Cheminova.

 

Ons visie is eenvoudig:

Ons streef daarna om waarde toe te voeg tot die Landbou sektor in Suid-Afrika deur produkte te verskaf van hoë kwaliteit en om daarmee saam uitmuntende diens te lewer aan ons kliente.

 

Ons leuse weerspieël ons visie:

“Produkte wat werk van mense wat omgee”.

 

Ons hoop dat u waarde sal vind in die gebruik van ons webtuiste en sal enige voorstelle of kommentaar waardeer.

 

 

Henk v.d Westhuizen

 

Besturende Direkteur